14-12-2013

Lanklaas ne?

Dis lanklaas ek het hier geblog. Ag ja, dit was somer, en dan is ek lekker besig. Maar daar het ook weer wat oulike dinge gepasseer, soos 'n skypevergadering. Soos die meeste van julle weet, is ek aktief vir 'n stigting wat die Afrikaanse taal en kultuur ondersteun, en soms moet jy vergader met Afrikaners. En so het ek 'n Skypevergadering georganiseer met my kontakpersoon in Suid-Afrika en my kollega-bestuurslede van die stigting. Toe ons 'n tydjie vergader, het ek gewonder waarom my kontakpersoon uit Suid-Afrika die heeltyd so artikuleer. Die antwoord het gou gekom, hy het nie geweet die ander twee mense is Afrikaners nie. Hierdie man het my die grootste kompliment gegee, hy het nie glo ek is 'n kasie nie. Wat dink jy?

Moedertaal.

Hierdie somer was ek by 'n Afrikaanstalig musiekfees in Nederland, die HOSA-radio somertoer. Hierdie internetradiostasie, wat nie ophou raas nie, is gevestig in Nederland, en gaan nu ieder jaar hierdie fees organiseer.
Vir my was dit op twee maniere 'n fees, eintlik sien ek die kunstenaars in lewende lywe en sien ek mense, waarmee ek lankal vriende is op die sosiale media.
Een van die kunstenaars was die groep Draadkar, wat ook die lied Moedertaal het gesing.
Hierdie lied doen my dink aan 'n diskussie wat ek 'n keertjie het gehad oor die vra:" Wat is jou moedertaal?" Is dit regtig die taal wat jou ma praat, is dit die eerste taal wat jy leer praat, of is dit die taal wat jy die beste praat? 'n Pastoor het vir my die duidelikste antwoord:" Jou moedertaal is die taal waarin jy bid." Sjoe, dit beteken vir my, Afrikaans is soms vir 'n uurtjie my moedertaal, wanneer ek die Afrikaanse kerk besoek en die Afrikaanstalige diens meemaak....