Sondag is dit 4 Mei. Vir Nederland is dit 'n baie spesiale datum. 4 Mei
1945 was die laaste dag van die tweede wêreldoorlog in Nederland, en dit
word ieder jaar herdenk. Die mees imposante ding is die twee minute
stilte om 20 uur. Dan staan in Nederland letterlik alles stil. Stil om
die oorloë en vervolgings wat oral op die wêreld plaas vind en die
slagoffers wat hierdeur val of geval het.
5 Mei vier ons Bevrijdingsdag, 'n woord wat ek nie gaan vertaal nie. Ons
herdenk dan feestelik die ondertekening van die kapitulasie van
Duitsland, wat in Hotel de Wereld in Wageningen het gebeur. Ons vier dit
klaar vir die 59e keer, waarby ons besef dat die verhale oor die oorloë
in Nederland begin uit te sterf, en daar hele generasies is wat nie weet
wat oorlog is nie.
Ek hoop net, ek mag volgende jaar die 60e jaar vrede vier, maar ek besef
daar is nog altyd mense wat slagoffer is van geweld. Daarom is ek ook
stil op 4 Mei om 20 uur, ook om te besef hoe gelukkig ek my moet prys om
in hierdie pragtige land te mag woon.