Soos ek julle het vertel, het ek uit Pretoria 'n kado gekry. Naas 'n kaartjie en 'n CD van die "Radio Kalahari Orkes"( Heuningland), het ek ook 'n verseboek van Elisabeth Eybers gekry.
Toe ek 'n stukkie het gelees het ek 'n paar dinge gewonder. Op 'n bepaald moment skryf sy oor die herfstinte in Oktober en skryf sy oor die OLVG, die "Onze Lieve Vrouwe Gasthuis". Ek het eers gewonder, hoe kan dit 'n Afrikaner gebruik die afkorting OLVG en praat sy oor herfs in Oktober, immers, in Oktober is dit Lente in Suid-Afrika en die afkorting OLVG word in Suid-Afrika nie gebruik nie. Gelukkig het ons Wikipedia, en merk ek ineens ek moet my skaam. Mevrou Eybers het in 1991 die P.C. Hooftprijs gekry, waarby die reëls om die prys te win spesiaal vir haar aangepas het, wat met baie publisiteit gebeur het. En dat sy oor die OLVG en het geskryf is logies, sy het 'n groot deel van haar lewe in Amsterdam gewoon.
En die snaakse toevalligheid is, ek het hierdie boek afgehaal op 500 meter van die OLVG, amper in dieselfde straat waar hierdie hospitaal is!
Die woorde het Elisabeth in Amsterdam geskryf, dis in Suid-Afrika gedruk, en die boek het terug na Nederland gekom, die woorde het amper twintigduisend kilometer gereis.
25-01-2012
15-01-2012
Die Sjinese van Europa
Nederlanders word ook wel die Sjinese van Europa genoem. Dit kom door die baie fietse wat in ons land rondry, amper iedere Nederlander het een of meer fietse. Dis nie so verwonderlik nie, die grootste deel van ons land is plat, sonder berge( ons het in Nederland slegs een berg) en heuwels. Daarom is daar twee dinge wat ieder kind leer, swem, vanweë die baie water en fiets.
En vandag het weer so 'n dag gewees. Die son het geskyn, en die temperatuur het vyf grade gewees. Saam met die amper windstilte, het dit 'n ideale fietsrydag gemaak, en baie mense het dit ook gedoen. Op pad na Amsterdam het ek selfs 'n paar lede van die koninklike familie sien fietsry. Kortom, ons het almal weer die fiets gevat. En waarom ook nie? Dis een van die mees vriendelike voertuie wat amper besoedeling veroorsaak!
Kortom, kom eens loer in die Sjina van Europa.
En vandag het weer so 'n dag gewees. Die son het geskyn, en die temperatuur het vyf grade gewees. Saam met die amper windstilte, het dit 'n ideale fietsrydag gemaak, en baie mense het dit ook gedoen. Op pad na Amsterdam het ek selfs 'n paar lede van die koninklike familie sien fietsry. Kortom, ons het almal weer die fiets gevat. En waarom ook nie? Dis een van die mees vriendelike voertuie wat amper besoedeling veroorsaak!
Kortom, kom eens loer in die Sjina van Europa.
08-01-2012
2012
En so het dit 2012 geword. Het jy al voornemens gemaak? Ek nie, en dis myn beste voorneme. Dis tog vreemd, waarom moet jy wag tot die Nuwejaar om die voornemens uit te voer? Als ek dink ek kan iets beter doen, probeer ek dit so snel als moontlik uit te voer.
Maar laat ek begin met almal een goed en gesond 2012 toe te wens. En veral die hoop dat daar wat meer vrede gaan kom in Suid-Afrika, want die afgelope jaar het die geweld weer toegeneem. Dit kan ook wees ons kry meer en meer te sien watse geweld daar is.
Ons, in Nederland, het 2012 begin met twee storms, die tweede storm uit die noord-weste het gewaai. Die laaste het veral in die noordelike provinsies probleme gegee, die water uit die Noorde word normaal in die Waddenzee geloos, maar door die storm het dt nie moontlik gewees nie omdat die water in daardie see so hoog geword dat by opening van die sluise seewater na binne sou kom, in plaas van water wat uitgaan. Ag, loer maar in die Nederlandse koerante, die foto's is pragtig. Bedink, daar het geen beseerdes gewees.
Abonneren op:
Posts (Atom)