Soos ek julle het vertel, het ek uit Pretoria 'n kado gekry. Naas 'n kaartjie en 'n CD van die "Radio Kalahari Orkes"( Heuningland), het ek ook 'n verseboek van Elisabeth Eybers gekry.
Toe ek 'n stukkie het gelees het ek 'n paar dinge gewonder. Op 'n bepaald moment skryf sy oor die herfstinte in Oktober en skryf sy oor die OLVG, die "Onze Lieve Vrouwe Gasthuis". Ek het eers gewonder, hoe kan dit 'n Afrikaner gebruik die afkorting OLVG en praat sy oor herfs in Oktober, immers, in Oktober is dit Lente in Suid-Afrika en die afkorting OLVG word in Suid-Afrika nie gebruik nie. Gelukkig het ons Wikipedia, en merk ek ineens ek moet my skaam. Mevrou Eybers het in 1991 die P.C. Hooftprijs gekry, waarby die reëls om die prys te win spesiaal vir haar aangepas het, wat met baie publisiteit gebeur het. En dat sy oor die OLVG en het geskryf is logies, sy het 'n groot deel van haar lewe in Amsterdam gewoon.
En die snaakse toevalligheid is, ek het hierdie boek afgehaal op 500 meter van die OLVG, amper in dieselfde straat waar hierdie hospitaal is!
Die woorde het Elisabeth in Amsterdam geskryf, dis in Suid-Afrika gedruk, en die boek het terug na Nederland gekom, die woorde het amper twintigduisend kilometer gereis.
miskien was sy bietjie agter die tyd want April Mei is dit herfs hier of die gedagte het gegaan oor Herfs in oktober hahaha of was dit maar in die tyd van amsterdam dat sy gesels oor herfs ,,wanneer is dit herfs in Nederland
BeantwoordenVerwijderenWillie op die Noordelike halfrond begin die Lente op 21 Maart, die Somer op 21 Junie, Herfs op 21 September en Winter op 21 Desember.
BeantwoordenVerwijderenSy het hierdie boek geskry toe sy in Amsterdam het gewoon.
Jy kan aan die kalender sien wat die warmste maande in Europa is, dis die maande wat geen 'r' het nie( Mei, Junie, Julie, Augustus).