24-02-2012

Pase...


Die Winter in Europa is amper verby, en op hierdie moment is ons in die laaste rukkie van die Christelike jaar, die 40-dae periode. Dis die periode van besinning waar ons probeer te leef sonder luukse sake.
Teenwoordig is dit minder streng, maar ons ouers het die periode nog meegemaak hulle het alle snoep, wat hulle gekry het, in 'n potjie gedoen, om dit op Paassaterdag oop te maak.
Dalk het julle gewonder waarom daar gebiede is wat Karnaval vier. Die woord het ontstaan uit twee ander woorde, Carna, wat vleis beteken, en festival, wat fees beteken. Die fees het ontstaan om nog een keer van die luukse te geniet, voordat die „somber“ periode aanbreek. In Nederland word hierdie fees veral gevier in die Katolieke Suide, waarby plaasname tydelike verander, soos Oeteldonk vir Den Bosch en Lampegat vir Eindhoven.
En dan Pase. Vir Christene die fees van die heropstanding van Jesus. Maar jy kan aan die simbole sien, dit het 'n ander fees gewees. En dis reg. Pase word gevier op die Sondag na die eerste volmaan in die Lente, wat op 21 Maart begin. Die ou-Europeërs het die fees van die vrugbaarheid gevier, of, so jy wil, die fees van die nuwe lewe. Daarom is die simbole van Pase die eiers, als simbool van die ongebore lewe, en die haas, of eintlik konyn, als simbool, eh, vra dit maar 'n keertjie in 'n private mail vir my.
En so het die Pase ook die simbool in die Christendom, Jesus het op Paassondag se nuwe lewe gekry........

20-02-2012

Praat Afrikaans of.......

'n Tydjie gelede het ek getelefoneer met 'n vriendin van my vanweë haar verjaarsdag. "Hello", het dit geklink aan die ander kant. Die vriendin het nie tuis gewees, haar moeder het die telefoon beantwoord. Omdat sy in Engels het geantwoord, het ons 'n poos in Engels gesels, maar omdat daar verskille is in die manier waarop in Suid-Afrika Engels word gepraat, en die manier wat ons hier in Europa leer, het dit 'n bietjie stadig gegaan." How do you know her?", was die laaste Engelse vra wat sy my het gevra." She is one of the people who learned me Afrikaans." 'n Sug klink. " Dus jy kan Afrikaans praat." Ek moet sê, die gesels het daarna baie vinniger verloop....