24-02-2012

Pase...


Die Winter in Europa is amper verby, en op hierdie moment is ons in die laaste rukkie van die Christelike jaar, die 40-dae periode. Dis die periode van besinning waar ons probeer te leef sonder luukse sake.
Teenwoordig is dit minder streng, maar ons ouers het die periode nog meegemaak hulle het alle snoep, wat hulle gekry het, in 'n potjie gedoen, om dit op Paassaterdag oop te maak.
Dalk het julle gewonder waarom daar gebiede is wat Karnaval vier. Die woord het ontstaan uit twee ander woorde, Carna, wat vleis beteken, en festival, wat fees beteken. Die fees het ontstaan om nog een keer van die luukse te geniet, voordat die „somber“ periode aanbreek. In Nederland word hierdie fees veral gevier in die Katolieke Suide, waarby plaasname tydelike verander, soos Oeteldonk vir Den Bosch en Lampegat vir Eindhoven.
En dan Pase. Vir Christene die fees van die heropstanding van Jesus. Maar jy kan aan die simbole sien, dit het 'n ander fees gewees. En dis reg. Pase word gevier op die Sondag na die eerste volmaan in die Lente, wat op 21 Maart begin. Die ou-Europeƫrs het die fees van die vrugbaarheid gevier, of, so jy wil, die fees van die nuwe lewe. Daarom is die simbole van Pase die eiers, als simbool van die ongebore lewe, en die haas, of eintlik konyn, als simbool, eh, vra dit maar 'n keertjie in 'n private mail vir my.
En so het die Pase ook die simbool in die Christendom, Jesus het op Paassondag se nuwe lewe gekry........

Geen opmerkingen:

Een reactie posten