18-10-2015

Herfs

Die tyd van reën en kou het aangebreek in Nederland, die herfs, of, soos ons dit ook noem, die najaar. Die woord najaar is feitelik net 'n tydsbepaling, die voorjaar is van Maart tot Mei, die najaar van September tot Desember. Berug is die najaarstorms, wat kom omdat die lugtemperatuur daal, terwyl die temperatuur van die seewater nog "hoog" is. Dit maak ook dit is die periode wat baie reën bring.
Die, wat Engels praat, sien in die woord "Herfs" die Engelse woord "harvest". Dit is nie verwonderlik nie, die woord "Herfs" is ook die periode waarin jy moet gaan oes. En dit sien ons veral in die gebiede met baie plase, die boere ry met waens vol met goed wat van hul land is geoes. 
Een van die produkte wat nou word gemaak is suiker, wat hier veral word gemaak van 'n beet, die suikerbeet. Ja, ons ken ook vir rietsuiker, maar die meeste suiker wat jy hier kan koop is beetsuiker. Die suikerbete gaan na die suikerfabriek waar hulle word gekook. Wonder jy of daar 'n suikerfabriek naby jou is, hoef jy net jou neus buite die deur te steek. Wanneer jy die soete weë lug ruik, is daar een. Die bekendste in Nederland is die een in Hoogkerk, naby Groningen, en in België die een in Tienen, watter stad ook die bynaam suikerstad het.
Die ander groot produk wat ons ken is ertappels. Nu moet jy weet die beste ertappels kom uit die kleigrond. Die moeilikheid is die waens, wat dit moet oplaai, ry oor die kleigrond. Dit beteken die paaie waar hulle oor ry, is besaaid met klei, wat hulle glad maak, veral in kombinasie het die herfsreën. Dit is ook hoekom die boere moet die paaie weer reinig sodra die karre weg gery het. Wanneer jy nou nog wonder hoekom die verkeer gaan so stadig tydens die oestyd,  dan weet jy nou.

Onvermydelik kom na die Herfs die Winter, wat op 21 Desember, die kortste dag, gaan begin. In hierdie tyd vier ons Kersmis, waarin ons "offer" vir die terugkeer van die son. Natuurlik offer ons nie langer nie, ons het die barbaarse rituele lankal self geslag, maar tog is daar nog altyd spore van die ou Kersmis. So is in amper iedere huis die kersboom, wat feitelik 'n blouspar is. Die blouspar is die enige boom in Europa wat ook in die winter groen bly, en is simbool van die oorwinning van die winter. 'n Ander simbool is die kersmaaltyd. In vroeër tyd was daar nie yskaste en vrieskaste nie, maar daar was wel baie kos, wat vars geoes was. So was die enige manier om die kos te gebruik om dit te gaan eet.
Daar is nog 'n derde simbool, die vuur en geluid. Die, wat ooit in Nederland gekuier het, weet ons doen dit, met baie vuurwerk op 31 Desember. 'n Afrikaner het dit ooit vir my omskryf soos "dit is asof die oorlog uitbreek". Dit kan wees, maar ons weet een ding seker, op 1 Januarie kom die vrede terug. 

21-09-2015

Afskeid van die somer.

Terwyl op die suidelike halfrond die somer op pad is, neem ons afskeid van die 2015 se somer. En wat was dit warm. Temperature bo die 30 grade was amper normaal. Nu moet julle weet die humiditeit is hoër as julle se. Volgens vriende, wat uit Suid-Afrika kom, voel onse temperature omtrent tien grade warmer. So, wanneer dit 30 grade is, voel dit soos 40.Die bykomende moeilikheid is natuurlik, watter kleding gaan jy dra. Onse kultuur is nie gewoond aan kort broeke nie, so ons braai amper uit ons kleding uit. En 'n rekord het ons ook, somer 2015 is wêreldwyd die warmste ooit! Dit was in die voorjaar klaar warm, wat onse gasbedryf het gemerk. Soos dalk bekend, verwarm ons die huise met gas, en amper nie elektries nie.

En oor gas baklei ons huidiglik. Wanneer ons praat oor die Arabiese oliesheiks, kan jy die Nederlanders gassheiks noem. Maar, die moeilikheid is, waar jy gas uitpomp, is die aarde leeg. Ja, jy kan water inpomp, maar die digtheid is anders. En dis hoekom die grond in die winningsgebiede sak. En grond wat sak gee..... aardbewings. Dit is hoekom die noorde van die land het reëlmatig aardbewings, en die bevolking in opstand is, hulle huise raak beskadig. Die regering het klaar besluit die gaskraan moet 'n bietjie gesluit word. Die resultaat, die gasbedryf maak minder geld, en moet nou omtrent 2000 mense ontslaan in 'n gebied waar die werkloosheid die hoogste in Nederland is. Sien hier 'n dilemma, wanneer jy gas gaan pomp, stort jou huis in, wanneer jy stop, het jy geen werk. En raak nie bekommerd oor die gastoevoer nie, ons het voldoende gas om deur die winter te kom.

30-03-2015

Die krag is af!

IMG_20150327_100943.jpgVrydag 27 Maart het 'n bisonder ding gebeur, 'n kragonderbreking in Nederland. En dit was 'n groot een. 1 miljoen huishoudings was sonder krag. Die probleem? 'n Hoofdkragstasie het uitgeval, waardeur die kragstasies in die omgewing nie krag gekry het. En so het ons vanaf 9.40 met 'n kragonderbreking gewees. Toe bekend was hoe groot die onderbreking was, het die "veiligheidsregio", dis die saamwerking tussen brandweer, polisie en ambulansdienste, GRIP3 uitgeroep, wat amper dieselfde is soos by 'n ramp. Want, dit was 'n ramp. Mense wat in hysbakke vasgekeer was, maar ook die verkeerbegeleiding op die snelweë wat nie gewerk het. En dis veral gevaarlik omdat ons gewoond is 'n waarskuwing te kry wanneer daar 'n opstopping is. En so het op die A1 'n ongeluk gebeur, die drywers het nie die waarskuwing gekry nie, en het agterop 'n opstopping gestamp.
Die situasie was so uitsonderlik, diverse mense het daarom 112, die noodnommer, gebel. Natuurlik het ook die mense in die hysbakke gebel. Deur die kragonderbreking was die noodnommer se sentrale op noodstroom omgeskakel, en het minimale kapasiteit gehad, waardeur die sentrale oorbelas het geraak.
En dan die selfoonnetwerke ......... Ook hulle was op noodstroom, maar almal ging bel om te hoor of vriende ook sonder krag was. Daar was so baie gesprekke, die selfoontorings se batterye het platgeval. Op die hoogtepunt was slegs 30% van die torings aanlyn.
En ook die helpdesks van die kragmaatskappye werd platgebel. Dit was so erg, die radio het die mededeling uitgesaai:" U moet nie bel nie, ons weet klaar u is sonder krag!"
Ook die spoorweë, trems en moltreine het stilgeval. Gelukkig was dit vir die tremmaatskappy van Amsterdam nog 'n biekie moontlik om rond te ry, 'n deel van die krag kom van 'n ou kragstasie in Amsterdam, maar treine en moltreine het soms midde in die woesteny stilgeval.
Ook die uitsaaiers het probleme gekry. Ook hulle het uitgesaai op noodkrag. En vir ons was dit 'n uitdaging om radio te luister. Ja, ek het 'n radio op batterye, maar daar is direk twee vrae, waar is daardie ding en is die batterye pap of vol? Gelukkig het ek 'n radio op sonkrag en 'n opdraaiopwekker gehad. Dis 'n radio wat eintlik vir Afrika is, daar is kragonderbrekings meer reël as uitsondering, maar ek was baie bly met daardie ding. So het ek die radioprogram oor die kragonderbreking gehoor.
Na twee ure was die defek herstel. Dit het daarna so omtrent twee ure gevat om alle krag in te skakel.

Maar ons is 'n ervaring ryker....

04-03-2015

Verkiesings.

18 Maart het ons weer verkiesings, vir "provinciale staten" en die "waterschappen". Almal wat in Nederland woon weet wat dit is, iemand van oorsee sal wonder wat jy by water kan kies. Ag ja, wanneer meer as 75% van jou land onder die seespieël is, en jy afhankelik is van dyke om jou voete droog te hou, is dit belangrik daar is kundige mense op die poste. Maar, omdat dit 'n diens is van onse, demokratiese staat, word ook hierdie mense gekies. Die Nederlanders het egter die siening dis nie die politiek wat onse voete droog hou nie, dis ingenieurs en werksmense wat dit doen, en so het daar amper nooit iemand gestem vir die waterskappe nie. Deur nu die verkiesings te kombineer met die verkiesings vir die provinsies, hoop hulle daar gaan meer mense stem. Ek wonder net.
Water, vir die een is daar te min, julle in SA weet van beurtwater in Limpopo, ons het reëlmatig teveel. Soos ek klaar geskryf het, het ons 'n groot deel van die land onder die seespieël. Ons kan die land net droog hou deur dyke en pompe. Hoe belangrik die "waterhuishouding" is sal jy sien wanneer jy ooit oor 'n snelweg in Nederland ry. Jy sal sien die diens wat die paaie onderhou is "Rijkswaterstaat" en nie "Rijkswegdienst" nie. Om 'n pad in Nederland te bou, moet jy amper altyd 'n dyk bou, en dis hoekom die waterdiens is in beheer. Jy gaan mos die ondergrondse waterstrome verander.
En wat ons doen wanneer ons teveel reën kry? In die heuwelgebiede kan ons min doen, maar in die lae gebiede kan ons huidiglik water stoor in waterkelders maar ook in polders wat ons onder water kan sit. Ons het dit geleer in 1995 en 1996 toe ons baie oorstromings gehad het en natuurlik die oorstromingsramp van 1 Februarie 1953. Ons weet die klimaat verander. Jy kan twee dinge doen, wag en sien alles gaan oorstroom of jy gaan jou land aanpas. Die laaste doen ons. Die waterramp in 1953 se oorsaak was sleg beheer deur die oorlog, daar was min geld na die oorlog, springvloed en 'n suidwesterstorm. Die dyke in Zeeland en Zuid-Holland het toe deurgebreek en derduisende lewens gekos. Deur hierdie ramp het ons die "Deltaplan" gekry. Wanneer jy ooit in Nederland is, moet jy dit gaan sien, en sal jy sien ons land het 'n haat-liefde-verhouding met water, water gee lewe, maar kan ook lewe neem. Seker in 'n land soos onse, waar water altyd naby is. Wanneer jy ons besoek, en jy klim op Schiphol die vliegtuig uit, is jy klaar so 3 tot 8 meter onder die seespieël. Jy sal sien, ons is dit so gewoond, amper niemand sal dit besef.