Vrydag 27 Maart het 'n bisonder ding gebeur, 'n kragonderbreking in Nederland. En dit was 'n groot een. 1 miljoen huishoudings was sonder krag. Die probleem? 'n Hoofdkragstasie het uitgeval, waardeur die kragstasies in die omgewing nie krag gekry het. En so het ons vanaf 9.40 met 'n kragonderbreking gewees. Toe bekend was hoe groot die onderbreking was, het die "veiligheidsregio", dis die saamwerking tussen brandweer, polisie en ambulansdienste, GRIP3 uitgeroep, wat amper dieselfde is soos by 'n ramp. Want, dit was 'n ramp. Mense wat in hysbakke vasgekeer was, maar ook die verkeerbegeleiding op die snelweë wat nie gewerk het. En dis veral gevaarlik omdat ons gewoond is 'n waarskuwing te kry wanneer daar 'n opstopping is. En so het op die A1 'n ongeluk gebeur, die drywers het nie die waarskuwing gekry nie, en het agterop 'n opstopping gestamp.
Die situasie was so uitsonderlik, diverse mense het daarom 112, die noodnommer, gebel. Natuurlik het ook die mense in die hysbakke gebel. Deur die kragonderbreking was die noodnommer se sentrale op noodstroom omgeskakel, en het minimale kapasiteit gehad, waardeur die sentrale oorbelas het geraak.
En dan die selfoonnetwerke ......... Ook hulle was op noodstroom, maar almal ging bel om te hoor of vriende ook sonder krag was. Daar was so baie gesprekke, die selfoontorings se batterye het platgeval. Op die hoogtepunt was slegs 30% van die torings aanlyn.
En ook die helpdesks van die kragmaatskappye werd platgebel. Dit was so erg, die radio het die mededeling uitgesaai:" U moet nie bel nie, ons weet klaar u is sonder krag!"
Ook die spoorweë, trems en moltreine het stilgeval. Gelukkig was dit vir die tremmaatskappy van Amsterdam nog 'n biekie moontlik om rond te ry, 'n deel van die krag kom van 'n ou kragstasie in Amsterdam, maar treine en moltreine het soms midde in die woesteny stilgeval.
Ook die uitsaaiers het probleme gekry. Ook hulle het uitgesaai op noodkrag. En vir ons was dit 'n uitdaging om radio te luister. Ja, ek het 'n radio op batterye, maar daar is direk twee vrae, waar is daardie ding en is die batterye pap of vol? Gelukkig het ek 'n radio op sonkrag en 'n opdraaiopwekker gehad. Dis 'n radio wat eintlik vir Afrika is, daar is kragonderbrekings meer reël as uitsondering, maar ek was baie bly met daardie ding. So het ek die radioprogram oor die kragonderbreking gehoor.
Na twee ure was die defek herstel. Dit het daarna so omtrent twee ure gevat om alle krag in te skakel.
Maar ons is 'n ervaring ryker....
Geen opmerkingen:
Een reactie posten