30-03-2015

Die krag is af!

IMG_20150327_100943.jpgVrydag 27 Maart het 'n bisonder ding gebeur, 'n kragonderbreking in Nederland. En dit was 'n groot een. 1 miljoen huishoudings was sonder krag. Die probleem? 'n Hoofdkragstasie het uitgeval, waardeur die kragstasies in die omgewing nie krag gekry het. En so het ons vanaf 9.40 met 'n kragonderbreking gewees. Toe bekend was hoe groot die onderbreking was, het die "veiligheidsregio", dis die saamwerking tussen brandweer, polisie en ambulansdienste, GRIP3 uitgeroep, wat amper dieselfde is soos by 'n ramp. Want, dit was 'n ramp. Mense wat in hysbakke vasgekeer was, maar ook die verkeerbegeleiding op die snelweë wat nie gewerk het. En dis veral gevaarlik omdat ons gewoond is 'n waarskuwing te kry wanneer daar 'n opstopping is. En so het op die A1 'n ongeluk gebeur, die drywers het nie die waarskuwing gekry nie, en het agterop 'n opstopping gestamp.
Die situasie was so uitsonderlik, diverse mense het daarom 112, die noodnommer, gebel. Natuurlik het ook die mense in die hysbakke gebel. Deur die kragonderbreking was die noodnommer se sentrale op noodstroom omgeskakel, en het minimale kapasiteit gehad, waardeur die sentrale oorbelas het geraak.
En dan die selfoonnetwerke ......... Ook hulle was op noodstroom, maar almal ging bel om te hoor of vriende ook sonder krag was. Daar was so baie gesprekke, die selfoontorings se batterye het platgeval. Op die hoogtepunt was slegs 30% van die torings aanlyn.
En ook die helpdesks van die kragmaatskappye werd platgebel. Dit was so erg, die radio het die mededeling uitgesaai:" U moet nie bel nie, ons weet klaar u is sonder krag!"
Ook die spoorweë, trems en moltreine het stilgeval. Gelukkig was dit vir die tremmaatskappy van Amsterdam nog 'n biekie moontlik om rond te ry, 'n deel van die krag kom van 'n ou kragstasie in Amsterdam, maar treine en moltreine het soms midde in die woesteny stilgeval.
Ook die uitsaaiers het probleme gekry. Ook hulle het uitgesaai op noodkrag. En vir ons was dit 'n uitdaging om radio te luister. Ja, ek het 'n radio op batterye, maar daar is direk twee vrae, waar is daardie ding en is die batterye pap of vol? Gelukkig het ek 'n radio op sonkrag en 'n opdraaiopwekker gehad. Dis 'n radio wat eintlik vir Afrika is, daar is kragonderbrekings meer reël as uitsondering, maar ek was baie bly met daardie ding. So het ek die radioprogram oor die kragonderbreking gehoor.
Na twee ure was die defek herstel. Dit het daarna so omtrent twee ure gevat om alle krag in te skakel.

Maar ons is 'n ervaring ryker....

04-03-2015

Verkiesings.

18 Maart het ons weer verkiesings, vir "provinciale staten" en die "waterschappen". Almal wat in Nederland woon weet wat dit is, iemand van oorsee sal wonder wat jy by water kan kies. Ag ja, wanneer meer as 75% van jou land onder die seespieël is, en jy afhankelik is van dyke om jou voete droog te hou, is dit belangrik daar is kundige mense op die poste. Maar, omdat dit 'n diens is van onse, demokratiese staat, word ook hierdie mense gekies. Die Nederlanders het egter die siening dis nie die politiek wat onse voete droog hou nie, dis ingenieurs en werksmense wat dit doen, en so het daar amper nooit iemand gestem vir die waterskappe nie. Deur nu die verkiesings te kombineer met die verkiesings vir die provinsies, hoop hulle daar gaan meer mense stem. Ek wonder net.
Water, vir die een is daar te min, julle in SA weet van beurtwater in Limpopo, ons het reëlmatig teveel. Soos ek klaar geskryf het, het ons 'n groot deel van die land onder die seespieël. Ons kan die land net droog hou deur dyke en pompe. Hoe belangrik die "waterhuishouding" is sal jy sien wanneer jy ooit oor 'n snelweg in Nederland ry. Jy sal sien die diens wat die paaie onderhou is "Rijkswaterstaat" en nie "Rijkswegdienst" nie. Om 'n pad in Nederland te bou, moet jy amper altyd 'n dyk bou, en dis hoekom die waterdiens is in beheer. Jy gaan mos die ondergrondse waterstrome verander.
En wat ons doen wanneer ons teveel reën kry? In die heuwelgebiede kan ons min doen, maar in die lae gebiede kan ons huidiglik water stoor in waterkelders maar ook in polders wat ons onder water kan sit. Ons het dit geleer in 1995 en 1996 toe ons baie oorstromings gehad het en natuurlik die oorstromingsramp van 1 Februarie 1953. Ons weet die klimaat verander. Jy kan twee dinge doen, wag en sien alles gaan oorstroom of jy gaan jou land aanpas. Die laaste doen ons. Die waterramp in 1953 se oorsaak was sleg beheer deur die oorlog, daar was min geld na die oorlog, springvloed en 'n suidwesterstorm. Die dyke in Zeeland en Zuid-Holland het toe deurgebreek en derduisende lewens gekos. Deur hierdie ramp het ons die "Deltaplan" gekry. Wanneer jy ooit in Nederland is, moet jy dit gaan sien, en sal jy sien ons land het 'n haat-liefde-verhouding met water, water gee lewe, maar kan ook lewe neem. Seker in 'n land soos onse, waar water altyd naby is. Wanneer jy ons besoek, en jy klim op Schiphol die vliegtuig uit, is jy klaar so 3 tot 8 meter onder die seespieël. Jy sal sien, ons is dit so gewoond, amper niemand sal dit besef.