21-12-2011

Afrikaans leef!

Als daar 'n diskussie is oor 'n taal is dit oor Afrikaans, en die vra of daardie taal moet bly. Dis altyd 'n vra, wat ons ook oor Nederlands kan stel. Die antwoord is so simpel, ja die taal kan bly bestaan, en sal bly bestaan solank daar mense is wat die taal wil behou.
Als ek in Nederland kyk, word daar ook tale gespreek, of so jy wil dialekte, wat al jare nie meer geleer word nie, en selfs is dit so daar is tale wat die interesse terug het gewin. So het die Friese hun eie taal als amptelike taal in hul eie provinsie.
Wat betref Afrikaans, hierdie taal is oppad erken te word als Nederlandse taal. En dis reg, want hoever is Nederlands en Afrikaans verwyder? En dan praat ek nie oor die afstand Nederland-Suid-Afrika nie, maar die verskille tussen die beide tale. Als jy met iemand praat wat Nederlands praat.merk jy al julle het min probleme om te konverseer. Dis ook waarom jy met Afrikaans nie alleen Namibië en Suid-Afrika verstaanbaar is, maar ook in die Vlaamse deel van België, Nederland, Suriname en die Nederlandse Antille.
Dus, is Afrikaans dood? Nee, Afrikaans leef!

11-12-2011

Kersmis

Ons is nu in die Kerstyd. In hierdie tyd word die dae korter, om op 21 Desember die kortste dag te hê. Hierdie dag het vroeër die Kersmis, die fees van die lig, gewees, beter gesê, ons vier dit teenwoordig op twee ander dae, die 25ste die Kersmis en op die 31ste die Ligfees.

Hoewel ons die geboorte van Christus vier, is die spore van die ou Kersfees nog duidelik sigbaar, en al daardie sake het vroeër 'n betekenis gehad, wat ons lankal het vergeet.

Die Blouspar, of Kersboom. Die Blouspar, is die enige boom in Europa wat in die Winter groen bly. Die simboliese waarde is daardie boom oorleef die Winter, sonder te verander. Dat ons “O Denneboom” sing, kom omdat hierdie liedjie uit Duits kom, waar die woord vir Blouspar “Tannebaum” is.

Die boom werd versier met liggies, kerse en die slingers het gemaak van die hare van die dames uit die dorp.

By die boom het die dorpsbewoners saamgekom met kos en drank, om saam vir die terugkeer van die “Sonnegod” te bid. Dit het hulle nie so gedoen als ons nu doen. Dit het hulle gedoen met groot vure( inderdaad die vuurwerk) om die Sonnegod gunstig te stem, en met groot tromme het hulle geluid gemaak om die bose geeste van die duisternis weg te jaag.

Dis afgodery, maar dit werk nog altyd. Ieder jaar kom die son weer......

17-11-2011

Sinterklaas.

Als daar 'n tipies Nederlands fees bestaan, is dit ongetwyfeld sinterklaas. Hierdie fees word gevier in alle Nederlands sprekende lande. Die oorsprong van hierdie fees is die sterfdag van Sint Nicolaas van Myra 'n stad in die huidige Turkye. In die jare het die fees wel verander. Het vroeër die Sint slegs een helper gehad, swarte piet, nu het die Sint 'n hele groep. Veral die rol van die swarte piet het verander. Swart het die slegte, lees Satan, uitgebeeld. Dit vind jy nog in die oue liedjies. Teenwoordig is ook hy 'n "liewe meneer''. Dit het veral gekom omdat onse eie bevolking ''kleurryker'' het geword, en die swarte piet als boeman nie meer pas nie.

09-11-2011

Sint Maarten/ Sint Nikolaas/ Karnaval

Op 11 November vier ons, veral ons laaitjies, Sint Maarten. Hierdie heilige word vereer vanweë die legende hy het syn doek gedeel toe hy 'n arme verby het gekom, wat koud het gely. Hy het die doek door die helfte gesny, en die een helfte aan die arme gegee.
En so gaan die kinders sodra die son ondergaan, met liggies en gesang langs die deure, om "kosse" te haal.
En in die Suide van ons land breek op 11/11 die periode van karnaval aan, die "rade van elf" word gekies. Hulle is verantwoordelik vir die karnavalsfeeste, wat letterlik die fees van die vleis beteken, van 2012.
Saterdag kom "Sinterklaas", soos ons "Sint Nicolaas" noem, aan in Nederland en België. Die verhaal is, hy kom met die boot uit Spanje. Waarom uit Spanje, sal jy dink? Laat ek hieroor later eens skryf, Sinterklaas bly nog tot 6 Desember in ons land.

29-10-2011

Wintertyd.

Dis die laaste naweek van Oktober. In Europa sit ons dan die klok 'n uurtjie agteruit. Dis 'n gevolg van die Somertijd, wanneer ons in die laaste naweek van Maart die klok 'n uurtjie vooruit draai. Dit is hier ingevoer na die oliekrisis van die jare 70, toe ons met tekorte van brandstowwe het gekamp. Die idee is, dis in die aand langer lig, en gebruik ons in die somer minder krag. In die winter gaan die klok weer terug, anders kom die son in die winter pas na 10 uur op. Ook in Suid-Afrika word oorweeg om dit weer te gaan doen. Op hierdie moment het alleen Namibië somertyd. Die plan vir SA is om die ou tyd weer in te voer, soos vroeër die Kaapse tyd en die Transvaalse tyd. Dit sou die oorbelastings en kraguitvalle van Eskom se krag moet verminder. Ons wag af.

27-10-2011

Ook in Afrikaans.

Daar het 'n klein bieke iets fout gegaan, tydens die opmaak van hierdie blog, het al op Facebook en Hyves die skakel gestaan van hierdie blog.
"Waarom 'n nuwe blog?", vra jy? Simpel, ek het nu 'n blog op Nuus24, wat onder die sensuurwette van Suid-Afrika val. En omdat ek gewoond is in die vrye Weste te leef, en nu die moontlikheid het om 'n tweede blog oop te maak, het ek die gedoen. En vir my is dit nu moontlik die tekste aflyn te gaan skryf.
Tot gou,
Robert.