26-04-2012

Rare mense daardie Nederlanders..

Hierdie verhaal het 'n paar jaar gelede reëlmatig gebeur.
'n Span Bulgare word gevat deur die polisie. Hulle het sakke met kleding van die straat gehaal, en meegeneem. Toe die polisieman daardie persone gevra het wat hulle van plan het gewees, het hulle geantwoord, dis tog jammer die Nederlanders gooi die kleding sommer weg?
Ja, vir mense van oorsee het ons soms vreemde gewoontes. Als ons ou kleding het, het ons by die winkelsentra bakke staan waar jy dit in kan gooi, sodat dit vir die arme mense geskenk kan word. Daar is ook organisasies wat die kleding van huis haal. Hulle verdeel sakke, wat op 'n bepaalde dag weer opgehaal word. En so het die verwarring ontstaan, die polisie het gesien hulle steel kleding( ook afval meeneem is in Nederland diefstal) en die Bulgare het gedink die dom Nederlanders gooi kleding weg.
Ag ja, ons is 'n volk met gebruiksaanwysing....

15-03-2012

Hy het gekrimp!

'N Kollega van die trammuseum het my aangespreek: "Het al agtergekom dat jou motor gekrimp het?" Hy is reg, na sewe jaar getroue diens het die Kia Pregio plek gemaak vir 'n Volkswagen Caddy. By die laaste besoek aan die garage het ons duidelik gemaak dat daar flink wat kosbare herstelwerk aan gaan kom aan sake soos die suiervere, koppakking en koppeling. Omdat die motor eintlik te groot is vir se doel, kom die oorweging om te loer vir 'n ander. En so het hierdie Caddy, met 1,9 SDI-enjin, in die visier gekom. In die verlede het ons 'n soortgelyke kar in die Seat-uitvoering gehad, waarby die kar gereeld slegs 5 liter petrol vir 100 kilometer ry het gebruik, terwyl met die Kia, met se "ekonomiese" Euro 3 commonrail-enjin, ons bly kon wees as ons minder als 10 liter het verbruik. Na die eerste ritte in hierdie Volkswagen blyk, die kar het inderdaad dieselfde lae verbruik as die ou Seat.
Ag, maar klein is ook fyn .....

12-03-2012

Vra maar....

Vandag het ek 'n vra vir julle, waaroor wil jy 'n berig van my sien. Daar bestaan al baie blogs met nuusberigte, maar dalk is daar iets wat jy van onse regio wil weet. Jy kan dit doen deur op hierdie berig te reageer of 'n E-possie te stuur vir my.

24-02-2012

Pase...


Die Winter in Europa is amper verby, en op hierdie moment is ons in die laaste rukkie van die Christelike jaar, die 40-dae periode. Dis die periode van besinning waar ons probeer te leef sonder luukse sake.
Teenwoordig is dit minder streng, maar ons ouers het die periode nog meegemaak hulle het alle snoep, wat hulle gekry het, in 'n potjie gedoen, om dit op Paassaterdag oop te maak.
Dalk het julle gewonder waarom daar gebiede is wat Karnaval vier. Die woord het ontstaan uit twee ander woorde, Carna, wat vleis beteken, en festival, wat fees beteken. Die fees het ontstaan om nog een keer van die luukse te geniet, voordat die „somber“ periode aanbreek. In Nederland word hierdie fees veral gevier in die Katolieke Suide, waarby plaasname tydelike verander, soos Oeteldonk vir Den Bosch en Lampegat vir Eindhoven.
En dan Pase. Vir Christene die fees van die heropstanding van Jesus. Maar jy kan aan die simbole sien, dit het 'n ander fees gewees. En dis reg. Pase word gevier op die Sondag na die eerste volmaan in die Lente, wat op 21 Maart begin. Die ou-Europeërs het die fees van die vrugbaarheid gevier, of, so jy wil, die fees van die nuwe lewe. Daarom is die simbole van Pase die eiers, als simbool van die ongebore lewe, en die haas, of eintlik konyn, als simbool, eh, vra dit maar 'n keertjie in 'n private mail vir my.
En so het die Pase ook die simbool in die Christendom, Jesus het op Paassondag se nuwe lewe gekry........

20-02-2012

Praat Afrikaans of.......

'n Tydjie gelede het ek getelefoneer met 'n vriendin van my vanweë haar verjaarsdag. "Hello", het dit geklink aan die ander kant. Die vriendin het nie tuis gewees, haar moeder het die telefoon beantwoord. Omdat sy in Engels het geantwoord, het ons 'n poos in Engels gesels, maar omdat daar verskille is in die manier waarop in Suid-Afrika Engels word gepraat, en die manier wat ons hier in Europa leer, het dit 'n bietjie stadig gegaan." How do you know her?", was die laaste Engelse vra wat sy my het gevra." She is one of the people who learned me Afrikaans." 'n Sug klink. " Dus jy kan Afrikaans praat." Ek moet sê, die gesels het daarna baie vinniger verloop.... 

25-01-2012

Woorde oor die wêreld.

Soos ek julle het vertel, het ek uit Pretoria 'n kado gekry. Naas 'n kaartjie en 'n CD van die "Radio Kalahari Orkes"( Heuningland), het ek ook 'n verseboek van Elisabeth Eybers gekry.
Toe ek 'n stukkie het gelees het ek 'n paar dinge gewonder. Op 'n bepaald moment skryf sy oor die herfstinte in Oktober en skryf sy oor die OLVG, die "Onze Lieve Vrouwe Gasthuis". Ek het eers gewonder, hoe kan dit 'n Afrikaner gebruik die afkorting OLVG en praat sy oor herfs in Oktober, immers, in Oktober is dit Lente in Suid-Afrika en die afkorting OLVG word in Suid-Afrika nie gebruik nie. Gelukkig het ons Wikipedia, en merk ek ineens ek moet my skaam. Mevrou Eybers het in 1991 die P.C. Hooftprijs gekry, waarby die reëls om die prys te win spesiaal vir haar aangepas het, wat met baie publisiteit gebeur het. En dat sy oor die OLVG en het geskryf is logies, sy het 'n groot deel van haar lewe in Amsterdam gewoon.
En die snaakse toevalligheid is, ek het hierdie boek afgehaal op 500 meter van die OLVG, amper in dieselfde straat waar hierdie hospitaal is!
Die woorde het Elisabeth in Amsterdam geskryf, dis in Suid-Afrika gedruk, en die boek het terug na Nederland gekom, die woorde het amper twintigduisend kilometer gereis.

15-01-2012

Die Sjinese van Europa

Nederlanders word ook wel die Sjinese van Europa genoem. Dit kom door die baie fietse wat in ons land rondry, amper iedere Nederlander het een of meer fietse. Dis nie so verwonderlik nie, die grootste deel van ons land is plat, sonder berge( ons het in Nederland slegs een berg) en heuwels. Daarom is daar twee dinge wat ieder kind leer, swem, vanweë die baie water en fiets.
En vandag het weer so 'n dag gewees. Die son het geskyn, en die temperatuur het vyf grade gewees. Saam met die amper windstilte, het dit 'n ideale fietsrydag gemaak, en baie mense het dit ook gedoen. Op pad na Amsterdam het ek selfs 'n paar lede van die koninklike familie sien fietsry. Kortom, ons het almal weer die fiets gevat. En waarom ook nie? Dis een van die mees vriendelike voertuie wat amper besoedeling veroorsaak!
Kortom, kom eens loer in die Sjina van Europa. 

08-01-2012

2012

En so het dit 2012 geword. Het jy al voornemens gemaak? Ek nie, en dis myn beste voorneme. Dis tog vreemd, waarom moet jy wag tot die Nuwejaar om die voornemens uit te voer? Als ek dink ek kan iets beter doen, probeer ek dit so snel als moontlik uit te voer. Maar laat ek begin met almal een goed en gesond 2012 toe te wens. En veral die hoop dat daar wat meer vrede gaan kom in Suid-Afrika, want die afgelope jaar het die geweld weer toegeneem. Dit kan ook wees ons kry meer en meer te sien watse geweld daar is. Ons, in Nederland, het 2012 begin met twee storms, die tweede storm uit die noord-weste het gewaai. Die laaste het veral in die noordelike provinsies probleme gegee, die water uit die Noorde word normaal in die Waddenzee geloos, maar door die storm het dt nie moontlik gewees nie omdat die water in daardie see so hoog geword dat by opening van die sluise seewater na binne sou kom, in plaas van water wat uitgaan. Ag, loer maar in die Nederlandse koerante, die foto's is pragtig. Bedink, daar het geen beseerdes gewees.