As daar een ding is wat ek nie kan verklaar nie, is dit die „Oranjegekte". Wanneer die Oranjespan in vir die Europese- of Wêreldbeker moet stry, kom die „oranjekoorts". Wanneer die span werklik in die „knock-out-fase" kom, breek die gekte los, amper heel die land kleur oranje. Hoe belangrik oranje is vir ons land, kan jy sien aan baie uitdrukkings. So praat ons nie van die Nederlandse sokkerspan nie, ons praat net oor die „oranje elftal", en almal weet oor wat jy praat. In Suid-afrika herinner julle waarskynlik die „oranjekaravaan" wat in 2010 deur het rondgery, in Nederland gaan ons heeltemaal mal. So is in die meeste stede groot byeenkomste waar mense saam na die wedstryde gaan kyk.
En so was dit ook Saterdagaand tydens die wedstryd teen Costa Rica, wat om 22 uur het begin. Ek het toe besluit te gaan slaap, die volgende oggend was dit vroeg dag vir my. En so was dit stil tot 0.50, die einde van die wedstryd. Na die strafskoppe het, midde in die nag, 'n groot fees losgebreek. Ek het toe ook ontwaak, die gejuig en vuurwerk maak jy kan nie slaap nie.
Die volgende oggend was die strate amper uitgestorwe, maar wat wil jy, daar was amper 8 miljoen mense wat die wedstryd gesien het, met 'n bevolking van amper 17 miljoen is die baie.
Wil jy dit meemaak? Ag, trek jou oranje goed aan, en gaan tussen die oranjeondersteuners loop, jy gaan 'n fantasties fees meemaak.
Geen opmerkingen:
Een reactie posten