29-07-2014

Naby-ver.

Wat is naby, wat is ver? Dit verskil van persoon tot persoon, en ook van land tot land. Wanneer ek vir iemand sê," ek gaan vir die ander kant van die land kuier", sal almal sê dis ver. Maar wanneer ek sê die afstand is 200 kilometer, sal iemand uit Afrika direk die skouers ophaal en sê dis die afstand wat hy naar stad toe ry.
En dit gee soms snaakse dinge. Toe ek met iemand uit Suid-Afrika ander Suid-Afrikane in Nederland besoek het, het een van die mense gewonder waar my gas gebly het. Toe sy geantwoord het sy was in Castricum, het die ander vrou gesê,"Sjoe, dis ver". Ons praat oor 'n afstand van amper 85 kilometer....
By my is dit ook. Wanneer ek op Facebook sê ek gaan ander kant land toe, dan sien jy die verbaasde reaksies wanneer jy so twee uur later weer aanlyn kom.
Ja, in Nederland is 200 kilometer ver.....

Geen opmerkingen:

Een reactie posten