Die tyd van reën en kou het aangebreek in Nederland, die herfs, of, soos ons dit ook noem, die najaar. Die woord najaar is feitelik net 'n tydsbepaling, die voorjaar is van Maart tot Mei, die najaar van September tot Desember. Berug is die najaarstorms, wat kom omdat die lugtemperatuur daal, terwyl die temperatuur van die seewater nog "hoog" is. Dit maak ook dit is die periode wat baie reën bring.
Die, wat Engels praat, sien in die woord "Herfs" die Engelse woord "harvest". Dit is nie verwonderlik nie, die woord "Herfs" is ook die periode waarin jy moet gaan oes. En dit sien ons veral in die gebiede met baie plase, die boere ry met waens vol met goed wat van hul land is geoes.
Een van die produkte wat nou word gemaak is suiker, wat hier veral word gemaak van 'n beet, die suikerbeet. Ja, ons ken ook vir rietsuiker, maar die meeste suiker wat jy hier kan koop is beetsuiker. Die suikerbete gaan na die suikerfabriek waar hulle word gekook. Wonder jy of daar 'n suikerfabriek naby jou is, hoef jy net jou neus buite die deur te steek. Wanneer jy die soete weë lug ruik, is daar een. Die bekendste in Nederland is die een in Hoogkerk, naby Groningen, en in België die een in Tienen, watter stad ook die bynaam suikerstad het.
Die ander groot produk wat ons ken is ertappels. Nu moet jy weet die beste ertappels kom uit die kleigrond. Die moeilikheid is die waens, wat dit moet oplaai, ry oor die kleigrond. Dit beteken die paaie waar hulle oor ry, is besaaid met klei, wat hulle glad maak, veral in kombinasie het die herfsreën. Dit is ook hoekom die boere moet die paaie weer reinig sodra die karre weg gery het. Wanneer jy nou nog wonder hoekom die verkeer gaan so stadig tydens die oestyd, dan weet jy nou.
Onvermydelik kom na die Herfs die Winter, wat op 21 Desember, die kortste dag, gaan begin. In hierdie tyd vier ons Kersmis, waarin ons "offer" vir die terugkeer van die son. Natuurlik offer ons nie langer nie, ons het die barbaarse rituele lankal self geslag, maar tog is daar nog altyd spore van die ou Kersmis. So is in amper iedere huis die kersboom, wat feitelik 'n blouspar is. Die blouspar is die enige boom in Europa wat ook in die winter groen bly, en is simbool van die oorwinning van die winter. 'n Ander simbool is die kersmaaltyd. In vroeër tyd was daar nie yskaste en vrieskaste nie, maar daar was wel baie kos, wat vars geoes was. So was die enige manier om die kos te gebruik om dit te gaan eet.
Daar is nog 'n derde simbool, die vuur en geluid. Die, wat ooit in Nederland gekuier het, weet ons doen dit, met baie vuurwerk op 31 Desember. 'n Afrikaner het dit ooit vir my omskryf soos "dit is asof die oorlog uitbreek". Dit kan wees, maar ons weet een ding seker, op 1 Januarie kom die vrede terug.