In Europa ken ons keusevryheid, jy mag kies wat jy wil. So kan ons kies uit meer as 100 krag- en telefoonmaatskappye. Kan jy dit glo, jy kan ontslae raak van Telkom of Eskom? In Nederland en België het ons daardie moontlikheid. Was die keuse beperk tot die maatskappy wat in jou gebied aktief was, nu kan jy selfs jou krag kry van oorsese maatskappye. So kry ek my krag van 'n Sweedse firma, my gas van 'n Duitse en my telefoon is 'n Amerikaanse maatskappy.
En sake soos beurtkrag? Dit is amper onmoontlik. Sodra ons 'n kragonderbreking het, begin die teller te loop. Sodra die onderbreking langer as drie uur duur, kry jy 'n skadevergoeding, jou goedjies in die yskas bederf. Nu gebeur dit so min, wanneer daar 'n groot kragonderbreking is, kom dit op die voorblad van die koerant.
Maar dit kan ook fout gaan. So is ook die spoorweë in Nederland in beheer van meerdere maatskappye. Vandag het ons gemerk wat fout kan gaan, tussen Rotterdam en Den Haag het 'n kontrole van die spore gewees, wat direk gelei het tot 'n staking van die spoorverkeer. Môre sal ons in die koerant lees wat fout is, en waarskynlik sal dit ook op die voorblad kom.
Gelukkig was daar geen kragonderbreking.
Geen opmerkingen:
Een reactie posten