Nog een week, en dan begin vir die meteoroloë die Lente, altans in Europa. Die „normale" mense moet wag tot 21 Maart, die dag die son gaan die ewenaar passeer. Maar om te sê ons het regtig winter gehad, nee. Vorige jaar om dees tyd het ons nog deur die sneeu gekuier, terwyl ek Sondag sonder jas in die son was, dit was 14 grade!
Net vorige maand, toe ek in die Noorde van Nederland was, was daar sneeu. Dit was regtig bisar, in Groningen was die temperatuur -6 30 kilometer naar die weste, in Drachten +6. By die reis terug, was een van die mense ook verbaas, hy het gewonder of ek wintersport gedoen het. Hy kon nie glo nie, ek het slegs in Groningen gekuier.
Maar so het ek tog sneeu gesien.
Geen opmerkingen:
Een reactie posten