Baie dinge is net relatief.
Wanneer ek vir julle sê ek is aan die ander kant van die land, is dit vir almal ver weg. Ook vir Nederlanders. Egter, die afstand is „slegs" 200 kilometer, vir baie Suid-Afrikaners die afstand wat daagliks gery word werk toe.
So word dit hierdie week lekker warm, 14 grade en son. En julle dink „ons bevries amper".
'n Ander voorbeeld is veiligheid. In Nederland is in 2013 minder as 200 mense vermoor. Onse bevolking tel amper 17 miljoen mense. Dit meeste moorde is gepleeg op en deur mense uit die „onderwêreld ". En tog is die polisie bekommer oor die hoë aantal moorde.
En so sien jy baie dinge is relatief.
P. S. Vanaand is ek gewoon tuis, aan die weskant van die land.
Geen opmerkingen:
Een reactie posten